Hawelose persone aangemoedig om te lees

OCTOBER 4, 2016

Die Gemeenskapsontwikkelingafdeling van die George Munisipaliteit het 250 boeke aan George Nagskuiling geskenk om `n kultuur van lees onder die inwoners van George te bevorder. Hierdie boeke sluit in fiksie sowel as nie-fiksie.Volgens  Rdh. Mercia Draghoender, Portefeuljeraadslid vir Gemeenskapsdienste en Biblioteke is daar vele positiewe aspekte wat kenners toeskryf aan lees onder meer dit is die sleutel tot opvoeding, opleiding en ‘n kwaliteit lewe.

Draghoender het gesê sy is ‘n voorstaander as dit kom by kwessies wat hawelose persone raak en is in haar noppies met die uitstekende projek.Vir meer Inligting oor hierdie projek kontak die koördineerder vir die Projek vir Persone Wat Op Straat Woon by  Gemeenskapsontwikkeling, me. Estelle Fredericks by 044 802 2000.

Van links staan Me.Fredericks, Rdh. Draghoender Mnr. Chris Claassen, werksaam by die George Nagskuiling en Me. Janine Edwards.