Ikwezi Munisipaliteit en Standard Bank bemagtig plaaslike SMMEs

BY CHARL BOSCH - JULY 29, 2014

Die Ikwezi Plaaslike Munisipaliteit se Klein en Medium Grootte Besigheids (SME) kantoor, in samewerking met Standard Bank, het op 10 Julie gasheer gespeel vir ‘n werkswinkel, getitled ‘Let’s Talk Business’, wat gemik was op plaaslike entrepreneurs, by die Thembekile Popoyi Majane Memorial Hall in Jansenville. 

“Ons as Standard Bank, het vir die Ikwezi Plaaslike Munisipaliteit se Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelings (LED) kantoor gevra of ons hierna toe mag kom om alle kleinbesighede te ontmoet en te kan sien hoe ons toegang na ons dienste kan verbeter,” verduidelik Mzi Baleni, Klein Ondernemings Bestuurder van Standard Bank.

Hy het bygevoeg dat die munisipaliteit hulle gevra het om ander regerings departemente by die werkswinkel te betrek wat gelei dat die Oos Kaapse Ontwikkelings Korperasie (ECDE), Nasionale Jeug Ontwikkelingsraad (NYDA), Klein Besighedis Ontwikkelingsraad (SEDA), Klein Besigheids Finansraad (SEFA) en die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SARS) ook teenwoordig was.

“Hierdie seminar is egter nie net oor Standard Bank nie, maar oor hoe julle as plaaslike entrepreneurs verbeterde toegang kan kry tot hierdie organisasies waarvan baie nie oor kantoore hier beskik nie,” het Baleni gesê.

Hy het beklemtoon dat klein besighede ‘n sleutel rol speel in die voorsiening en skepping van nuwe werksgeleenthede in Suid Afrika en Ikwezi.

“Ongeveer 43% van werkende mense werk in klein besighede en dis juis hieroor dat ontwikkeling en toegang van die sector vir ons belangrik is,” was Baleni se woorde.

Na afloop van die seminar het Baleni ‘n aanbieding gegee oor how plaaslike besighede toegang tot finansiering kan bekry en ook vrae oor besigheids finansierings beantwoord van klein besigheids eienaars.

“Ons is baie opgewonde oor hierdie seminar and baie dankbaar vir die organiseerders wat ons vergesel het vandag om ons plaaslike en klein entrepreneurs in te lig en te leer oor hul dienste en ander geleenthede”.

“Gewoonlik moet ons hierdie mense in Port Elizabeth gaan besoek, wat by verre ons grootste uitdaging is,” het Simozana Mdala, SMME Woordvoerder van die Ikwezi Munisipaliteit gesê.

Sy het dit beklemtoon dat die dienste wat deur die Ikwezi Plaaslike Munisipaliteit aan klein besighede gebied word insluit die vergemakliking van besigheids leiding, raadgewers en opleiding sowel as die binding van besighede met regerings departemente soos die departement van Sosiaale Ontwikkeling en Landbou. 

“Die munisipaliteit is toegewyd om plaaslike klein besighede, soos genoem in ons Geintegreerde Ontwikkelingsplan (IDP), te bevorder en ook om te sien hoe presteer, nuwe werksgeleenthede skep asook bydra tot die plaaslike ekonomie,” het Mdala verduidelik.