Jansenville egpaar onthul geheim vir massiewe groente

AUGUST 5, 2014
Joyce and Bokkie Gouws with their pumpkins - The bigger one weighed about 18.5kg and measured a little over 62cm; the other one weighed about 14.5kg

Vir die egpaar Bokkie en Joyce Gouws, van Jansenville, in die Ikwezi Plaaslike Munisipaliteit, is die kweek van groot pampoene in hul agterplaas, asook die talle oorwinnings wat direk hieraan gekoppel is, maar net deel van hul daaglikse lewe. Wat egter ongewoon is, is die manier waarop hulle te werk gaan om hierdie pampoene te kweek.

Die Gouws egpaar is een van die moeilikste om te oorwin tydens die jaarlikse Jansenville Tuinmaak Kompetisie asook ander plaaslike buitelug kompetisies. Hulle het met eerste pryse weggestap tydens die 2012 Jansenville Droom Dorp projek, en het weer dieselfde gedoen verlede jaar danksy twee van hul kenmerkende massiewe pampoene; die kleinste het ongeveer 14.5 kg geweeg en die ander een rondom 18.5 kg met ‘n deursnee van 62 cm.

Joyce, wie al 41 jaar lank met Bokkie getroud en ook die hoof tuinier is - ‘n passie wat sy by haar pa geërf het – het onthul dat die geheim vir haar massiewe pampoene eenvoudig is – sy praat met hulle.

Ongeag wat die skeptisie mag sê, hou Joyce vol dat die tegniek werk en dat dit die rede is dat hulle kan spog met hul groter-as-gewone groente. “Ek praat en moedig my plante en groente aan om te groei. Ek vertel hulle ook dat as hulle nie groei nie, sal ek hulle afkap,” het sy verduidelik.

“Ons probeer om alles in die tuin so natuurlik as moontlik te hou, byvoorbeeld, ons gebruik geen chemikalieë of sintetiese middels nie, net natuurlike kunsmis.”

Ten spyte van hul plaaslike gewildheid, bly Joyce en Bokkie nederig en ingesteld daarop om alles wat hulle het, met die gemeenskap te deel. “Ons glo nie daarin om dinge te verkoop nie. Ons is so geseën en het meer as genoeg, so daar is geen rede om geld daarvoor die vra nie,” sê Bokkie.

Behalwe vir hul groente en welige tuin wat onder andere wortels, uie, beet en die bogenoemde pampoene insluit, maak die Gouwse ook hul eie konfyt wat vinnig besig is om gewildheid te werf buite Jansenville.

“Ons het ‘n buurman wat vye kweek en elke jaar, tussen Februarie en Maart, kan ons gaan vye pluk soos ons wil. Die vye wat ons pluk word opgesny en dan berei ek en my vrou dit voor in konfyt botteljies wat aan ons geskenk is deur die gemeenskap. Ons beloon hulle dan later weer deur die botteltjies aan hulle terug te gee, gratis en gevul met konfyt,” vertel Bokkie. Hy het ook gesê dat botteltjies van so ver as George en Port Elizabeth by hul opdaag en dat dit al hoe meer raak.

Joyce het ook die plaaslike gemeenskap en jongmense aangemoedig om hulle eie tuine te begin en het gesê, “Jy het nie nodig om 'n massiewe stuk land te hê nie. Iets soos ‘n ou motorband is perfek. Al wat jy dan benodig is sand en saad”.

Sy het ook bygevoeg dat toegang tot ‘n groter stuk land en ‘n kweekhuis soos in Klipplaat, perfek sal wees om haar ondervinding te kan deel met jongmense en hul sodoende van die straat af te hou.