Kou-Kamma Burgemeester oorhandig komberse aan bejaardes en gestremde inwoners

AUGUST 5, 2014
Standing, from left to right, Pastor Mongezi Wogane; Kou-Kamma Local Municipality Mayor, Samuel Vuso, with one of Krakeel's elderly and disabled residents who received a blanket from the Mayor.

DIE Burgemeester van die Kou-Kamma Plaaslike Munisipaliteit, Samuel Vuso, in samewerking met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se “Winter Warmth” veldtog, het sowat 80 komberse aan bejaardes en gestremde inwoners van die Krakeel nedersetting op die 3de Mei oorhandig.

Die komberse, aangekoop teen 'n koste van R6400, bring broodnodige verligting vir die begunstigtes aangesien die ligging van die Kou-Kamma Plaaslike Munisipaliteit, in die Langkloof, een van die koudste areas in die Cacadu Distrik is.

Volgens Siphokazi Nonyukela, Kommunikasie Woordvoerder van die Kou-Kamma Plaaslike Munisipaliteit, het die oorhandiging ‘n dieper betekenis as om net warmte te verskaf aan die inwoners.

“Met hierdie oorhandiging wil die munisipaliteit verseker dat gestremde persone ook moet weet dat hulle deel is van die regering en dat daar na hulle omgesien moet word.

Tydens ‘n soortgelyke projek het die Suid Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteits Agentskap (SASSA), in samewerking met die kantoor van die Burgemeester, 'n hoeveelheid komberse oorhandig aan arm asook bejaarde inwoners van die Stormsrivier, Mandela Park en Coldstream nedersettings op die 25ste April