Skolierpatrollie kompetisie gehou in George

NOVEMBER 4, 2016

George Verkeersdienste het Vrydag ‘n skolierpatrollie kompetisie gehou vir laerskole in George.

Dellville Park Primêr het as wenners van die kompetisie weggestap. Die ander deelnemende skole, St. Mary’s, Parkdene en Conville het onderskeidelik tweede, derde en vierde plekke behaal.

Die kompetisie bestaan uit drie afdelings, ‘n inspeksie van die leerders deur die beoordelaars, ‘n inspeksie deur die kaptein van die span en ‘n praktiese toets.

Die wenners van die kompetisie is Dellville Park Primêre skool. Voor van links staan die leerders

Kiesha Windwaai, Zoë Adams, Kaycee Damons (kaptein), Allinor Booyse en Llewellyn April (onderwyser en afrigter). Agter van links staan Arthur Bruinders (onderwyser), Patrick Jordaan (Senior Superintendent: George Verkeer), Ntombelula Mdoko (provinsiale inspekteur), Bevan Armstrong (provinsiale inspekteur) en  Edwin Felix (George Verkeersbeampte).