St Andrew's College and DSG Grade 12 Afrikaans Pitproduksie

MAY 12, 2016

Die graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal-leerders was op Dinsdagaand (10 Mei 2016) deur die groep, Pitproduksie, vermaak. Pitproduksie is ’n dramagroep wat die IEB-skole besoek en die graad 12 voorgeskrewe werk opvoer. Hierdie jaar het die groep Derick van der Walt se Hoopvol baie knap met hul verhoogoptrede uitgebeeld. Die leerders kon fisies in die karakters, Nathalie en Ben se lewens klim en eerstehands hul emosies ervaar. Gedigte uit die bundel Toulopers is ook baie raak en met pret aangebied. Die graad 12 leerders het die produksie terdeë geniet.